Elsje van Suurwaarden

Die Boerin van De Tijgerbergen 

Nicolaas Walters

 
     
 

Die verhaal van Elsje begin by Jan Van Riebeeck wat 地 skip vertraag het sodat 地 huwelik kon plaasvind tussen ʼn mooi passasier en 地 soldaat aan diens in die kaap. Die dogter uit hierdie huwelik, Elsje van Suurwaarden, sou die eerste amptelike eienaar word van die plaas De Tijgerbergen, vandag beter bekend as die pragtige wynplaas Altydgedacht in Durbanville.  Die eerste dogter wat op De Tijgerbergen groot geword het, die beeldskone Maria Elizabeth, het die hart van ʼn jong man gesteel wat op pad was vanaf die Ooste na Nederland en het bygedra om hom te oortuig om in die Kaap agter te bly. Hy was niemand anders as die gewilde Jan De La Fonteyn wie later goewerneur en ook eienaar van De Tijgerbergen sou word. Jan se dogter, Barbera, was die eerste persoon wat 地 orrel in die Grootte Kerk gespeel het.  Die onderbreking van twee reise deur 地 mooi meisie en 地  toekomstige goewerneur  het gelei  tot die vestiging van verskeie  families in Suid-Afrika by name die Walterse, Domans, Krugels, Schaborts, Beckers, Lieschings en Parkers.

Daar bestaan ʼn groot leemte in die navorsing oor vroue wat in die 17de en 18de eeu 地 groot impak gehad het op die ontwikkeling van landbou en die toekoms van Suid-Afrika.  Elsje word slegs 8 jaar na Jan Van Riebeeck se aankoms in die Kaap gebore en is een van die eerste kinders van die nedersetting aan die Kaap.  Elsje was die eerste van verskeie weduwees in die Tygerberge soos Trijntje Theunissen van Doode Kraal, Maria Van der Westhuizen (Walters) van De Tijgerbergen, Beatrix Verwij van Clara Anna痴 Fontein en Aletta Verwij van Hooge Bergs Vallei, en later Jean Parker wat vandag nog steeds op Altydgedacht boer. Lees Meer