Kaapstad in 1705 - Samuel Walter(s) werksaam in die Kasteel

 

 

Welkom by die Walters Geskiedenis-Inleiding

   

 

  Waar kom ons vandaan?

Die verhaal  van die Afrikaanse Walterse begin met Samuel, gebore in 1673 in n minder bekende Europese land, Slowakye, wat eers deel van Hongarye was en later van Tsjeggo-Slowakye.  Die Walters naam ontleen homself van n patronimiese uitgang van die doopnaam Walther.  Walther kom van walt-hari (walt beteken heersend en hari beteken lermag of volk).  Walther word behou in vanne soos Walter, Walters, Wolters, Wouters(se) en Wouterson.  Samuel en sy drie seuns word in verskeie dokumente as beide Walter en Walters beskryf en teken meestal hulle name as Walter. Vanaf die tweede generasie word die van Walters egter deurgaans gebruik. Die transisie van Walter na Walters, soos met baie ander Afrikaanse vanne, was moontlik te wyte aan n Nederlandse interpretasie en gebruik asook die interpretasie van die dokument skrywers.  Ernst Friedrich Walters van Breslau word n Kaapse burger in 1688 en was die eerste Walters in Cabo de Goede Hoop.  Ernst het slegs een dogter gehad en het dus geen Walters nageslag voortgebring nie.  Mauritz Walters (of Wolder) van Lubeck, kom ongeveer 1700 in die Kaap aan as Matroos en word later boukneg.  Hy het wel twee seuns gehad, maar hulle nageslag verdwyn na drie generasies.  Alle Walterse in Suid Afrika van nie Anglo-Saksiese oorsprong stam dus af van die stamvader Samuel Walters van Pressburg.

 

Emigrasie

 

Dit is heel waarskynlik dat Samuel n seun of kleinseun was van n Duitse Protestant  (moontlik Danil of Samuel) wat uit Oostenryk moes vlug weens die vervolging van Protestante.  Die Duitse keiser, Ferdinand II, het in 1627 verklaar dat alle Protestante die land (insluitende die Oostenrykse lande) moes verlaat.  Duitse Protestantse families het Oostenryk vanaf 1627 tot n 1650 verlaat veral vanaf die Waldviertel in die noordweste van Laer-Oostenryk en staan bekend as die Exulanten.  In sekere streke van die Waldviertel was feitlik alle inwoners Protestante.  Ongeveer 20 000 families het die Waldviertel-streek verlaat as gevolg van hulle geloofsoortuiging.  As gevolg van gevestigde handelsroetes na Wes-Europa het die meeste families weswaarts uitgewyk na Frankeland.  Dit is egter minder bekend dat die emigrasie ook ooswaarts gestrek het na Pressburg, huidig Bratislava, die hoofstad van Slowakye, destyds deel van die Hongaarse ryk.  Volgens die rekords van die Exulanten in Wene was daar twee Walter(s)-gesinne wat Neder-Oostenryk vroeg in die 17 de eeu verlaat het, een van Vitis en die ander van Untermeisling.  Die rekords van Vitus begin eers na 1648 en die van Untermeisling word vernietig in n brand in 1835.  Dit is waarskynlik dat Samuel se oupa een van di Walterse was wat onder hierdie scenario gevlug het na Pressburg, waar Samuel en moontlik ook sy vader gebore is.  Samuel se vader (moontlik Danil) kon ongeveer 1650 gebore gewees het wat dit waarskynlik maak dat hy reeds voor Samuel se geboorte in Pressburg woonagtig was.  Daar is egter getuienis dat sommige families die Waldviertel en ander streke tot so laat as 1670 verlaat het.  Bogenoemde is egter moeilik om te verifieer aangesien die Protestantse doop- en huweliksinligting vanaf 1661 tot 1684 nie meer beskikbaar is in die Bratislava-Argief nie en waarskynlik nie meer bestaan nie.  Ons is egter baie seker van Samuel se geboorte in Pressburg aangesien die plek van geboorte in wat in verskeie dokumente in die Kaapse Argief, sowel as die  Ryksargief in Den Haag voorkom.

 

Samuel Walter(s)

Samuel Walter se naam kom die eerste keer voor in die monsterrolle van Cabo de Goede Hoop in 1697 waar hy as soldaat in diens van die VOC aangegee word.  Die plek van geboorte word somtyds as Prespoort aangegee maar in latere dokumente verskyn die naam weer as Pressburg, weereens waarskynlik te wyte aan die Nederlandse interpretasie.  Die Slowaakse naam vir Pressburg was Presporok en kon ook moontlik aanleiding gegee het tot die naam Prespoort.

Protestante word weer later vervolg in Hongarye, insluitende Pressburg, en verloor meer as 900 van hulle kerke in Hongarye.  In Pressburg se binnestad word byvoorbeeld twee Protestantse kerke aan die Jesuete gegee, in 1672 een jaar voor Samuel se geboorte.  Hierdie kerke kan vandag nog besigtig word in Bratislava.  Uit verskeie dokumente, veral Samuel se kinders se testamente, is dit duidelik dat sy sterk Christelik-Protestantse waardestelsel n belangrike oorweging in sy besluit moes gewees het.  Aan die ander kant het Pressburg gelei onder menigte aanvalle van die Turkse magte wat groot dele van Hongarye beset het. Pressburg, en nie Buda, was die hoofsetel waar konings gekroon was vir meer as 400 jaar as gevolg van die Turkse besetting.  Dit is dus moontlik dat Samuel uit sosio-ekonomiese redes besluit het om as jong man aan te sluit by die VOC wat aktief in Europa werwing vir sy oorsese aktiwiteite gedoen het, ook waarskynlik in Pressburg.  Dit sal seker n raaisel bly hoe Samuel by die VOC betrek is, die reis van meer as 500 kilometer van Pressburg na Amsterdam afgel het, en die skeepsreis na Cabo de Goede Hoop op pad na Batavia onderneem het

 

Landbouer en Vryburger

Samuel verlaat Nederland in 1695 aan boord die Assendelft en kom in 1696 in Cabo De Goede Hoop aan waar hy elf jaar diens as soldaat in die garnisoen aan die Kaap.  Die volgende faset in Samuel se loopbaan het n belangrike impak gehad op die Walterse se geskiedenis.  Samuel word uitgeleen vanaf 1707 tot 1710, aan Samuel Elsevier, sekundus aan die Kaap, om as plaasarbeider diens te doen. Later in 1710 was hy ook werksaam by Dirk Vion.  Moontlik was dit hier waar Samuel sy vaardighede as landbouer opgedoen het. Hy word n vryburger in 1710.  Dit is in hierdie landbouers-netwerk waar hy Maria Van Der Westhuizen, weduwee van Cornelis Van Nieuwekerken (vandag Van Niekerk), ontmoet het.  Cornelis was een van die burgers wat verban was na Mauritius as gevolg van hulle verset teen Willem Adriaen Van Der Stel.  Samuel tree in die huwelik met die weduwee Maria op die 22ste Maart 1711 in Stellenbosch.  Cornelis en Maria het vier seuns en twee dogters gehad.  Al die Van Niekerks in Suid-Afrika stam van hierdie vier seuns af.  Al die Van Niekerks en Walterse het dus die selfde stammoeder.  Cornelis het vir Maria verskeie plase nagelaat wat Samuel in staat gestel het om die plaas de Tijgerberge, gele aan die Tygerberge, in 1714 vir 9000 Kaapse Gulden aan te koop.  Die plaas de Tijgerberge heet vandag Altydgedacht en kan as die Walters-stamplaas beskou word.  Drie Walters seuns word gebore en gedoop in die Kaapse kerk by name Danil (1711), Nicolaas (1714) en Stephanus Sebastiaan (1716).  Hulle word  saam met die ouer van Niekerk-kinders groot op de Tijgerberge.  Uit die plaasopgaafrolle is dit duidelik dat Samuel n suksesvolle wyn- en veeboer was.  Teen 1725 het hy reeds 25 000 wingerdstokke aangeplant en sowat 18 leggers wyn gelewer.  Hy sterf in 1726 en laat sy boedel na aan Maria (wat suksesvol voort boer en verder uitbrei na die Swartland) asook 12 000 Kaapse Gulden aan die Van Niekerk-seuns en 15 000 Kaapse Gulden aan die Walters-seuns wat in trust gehou word tot hulle mondigwording.  Maria10 sterf as n welgestelde vrou in 1734 en laat n boedel van 84 211 Kaapse Gulden na.  Haar drie plase, de Tijgerberge, Droogevallei en Hoorenbosch asook n opstal op die plaas Zeekoeivalleij word verkoop.  Haar erfgename, die vier van Niekerk- en drie Walters-seuns, ontvang almal 8 643 Kaapse Gulden uit haar boedel wat tesame met hulle vader se erflating almal in staat stel om hulle eie plase kontant aan te koop.  Aangesien die Walters-seuns onmondig was (in daardie jare onder 25 jaar) doen hulle aansoek om meerderjarigheidsverklaring, Venia Aetatis11, in 1734 (Danil) en in 1738 (Nicolaas en Stephanus) om sodoende hulle erfgeld van die weesmeester te ontvang.  Nicolaas (38%) en Stephanus (62%) se nageslag vorm die twee hooftakke van Samuel Walters se nageslag.  Sover bekend was die oudste seun Danil nooit getroud nie.

 

Nicolaas Walters

Nicolaas trou met die jongvrou Maria Van Den Brink van Cabo De Goede Hoop en boer op die plaas Meerendal in die Tygerberg-distrik.  Sy afstammelinge het verskeie plase in die Kasteelberg- en Tulbagh-distrik besit.  Nicolaas se seun Samuel besit byvoorbeeld Allesverlooren en sy seun, Nicolaas, Amakwas Eiland (vandag deel van Bosplaas naby Gouda) wat tans nog behoort aan n seun in die 10de-generasie, Samuel Hendrik.  Nicolaas van Amakwas Eiland se seun, Samuel Hendrik, was die in 1850 die Veldkornet van 24 Riviere-Distrik en het geboer op Volvlei, wat vandag onder water is as gevolg van die bou van die Volvleidam.  Samuel Hendrik se broer, Hendrik Johannes, se afstammeling wyk uit na die Noord-Kaap rondom 1874.  Die meeste Walterse in die distrikte Williston, Loxton en Carnarvon omgewing stam af van Hendrik Johannes se seun Adam Jacobus Reyneke Walters en sy vrou Magdalena Jacoba Smuts.

 

 

Stephanus Sebastiaan

Stephanus Sebastiaan tree in die huwelik met Martha Lombard in 1738 en bekom die plaas De Grendel in die Malmesbury-distrik.  Stephanus se nageslag het verskeie plase besit in die distrikte Malmesbury/Swartland en Vredenburg  omgewing.  Stephanus se kleinseun, Stephanus Sebastiaan, besit die plaas Modderasfontein en Bakenfontein en is die enigste wat die Stephanus-Walters-familielyn voortplant.  Sy seun, uit sy eerste huwelik met Catharina Basson, Samuel Antonie, bekom Bakenfontein wat vandag nog aan sy afstammelinge behoort.  Die broers Loedeolf Kirsten en Samuel Antonie, 9de generasie Walterse, boer vandag nog op Bakenfontein.  Stephanus se seun, Matthys Michiel, besit die plaas Doornfontein naby Malmesbury en sy nageslag vestig hulle op die plase Waterklip en Noodhulp naby Vredenburg.  Matthys se kleinseun, Schalk Willem, trek na die Vrystaat en word een van die eerste Walterse wat noord van die Oranjerivier vestig.  Schalk vestig hom n ongeveer 1875 in die Boshof-omgewing in die Vrystaat.  Sy seun Johan Matthys sterf in 1901 op tweejarige ouderdom in die  Brandfort-konsentrasie kamp.  Matthys Michiel se broer, Coenraad Hendrik, se seun se nasate trek ook na Vrystaat en later na Transvaal terwyl n ander seun hom op Franschoek vestig.  Stephanus Sebastiaan, bogenoemde kleinseun, tree n tweede keer in die huwelik met die weduwee De Klerk.  Hulle seun Joseph Adriaan se nasate vestig hulle in die omgewing van Witbank/Middelburg in Transvaal.

 

 

Verspreiding van die Walterse

Nicolaas se nasate het hulle hoofsaaklik gevestig in die omgewing van Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes en Tulbagh areas van die Wes-Kaap asook die gebiede Williston, Loxton en Carnarvon van die Noord-Kaap. Stephanus Sebastiaan se nageslag versprei vanaf Malmesbury/Swartland na die Weskus en Franschoek in die Wes-Kaap tot Boshof, Brandfort en Bloemfontein in die Vrystaat asook later tot by Pretoria, Johannesburg, Witbank en Middelburg in die Transvaal.  Daar was verskeie huwelike tussen die twee Walters hoof-familielyne en dit maak natuurlik die eenvoudige prentjie heelwat  ingewikkelder.  Na 1900, en veral na 1920-30, was daar n groter mobiliteit onder Suid-Afrikaners en het die Walters verspreiding bespoedig.  Die blanke kieserslys van 1989 lys ongeveer 1400 Walters name wat gades sowel as die Anglo-Saksiese Walters-stamlyne insluit.  Sou mens aanvaar dat die Anglo-Saksiese stamlyne sowat 40 persent uitmaak van Walterse in Suid-Afrika en dat die kinders onder 18 jaar 2 maal die aantal moontlike gesinne was, is dit waarskynlik dat Samuel se nasate ongeveer 2 000 is.  Dit is relatief klein in vergelyking met ander Afrikaanse families en is hoofsaaklik te wyte aan die feit dat in beide Nicolaas en Stephanus se stamlyne eers na die vierde generasie begin verander het in meervoudige stamlyne.  Vir drie generasies was daar dus net een seun wat die naam voortgeplant in die twee stamlyne .  Sou mens Samuel se keuse van Cabo de Goede Hoop as tuiste koppel aan die drie generasies van enkellyne wat almal jonk gesterf het, is dit werklik merkwaardig dat hierdie familie vandag sy nog sy plek volstaan in die Suid-Afrikaanse samelewing.

 

Impak van die Walterse

Die impak van die Walterse op die Suid-Afrikaanse samelewing word weerspiel in vele fasette.  Afgesien van die rol in die landbou, het hulle diep spore gelaat in die medisyne en tandheelkunde, letterkunde, wetenskap, diplomasie, weermag en sport.  Voorbeelde sluit in:  Admiraal Johan Charl Walters, Hoof van die vloot;  Booije Gerrit Walters, Ambassadeur in Suid Amerika;  Pieter Eduard Walters, Professor in Fisika aan Universiteit van Stellenbosch;  Nicolaas Matthys Walters, Uitvoerende Direkteur Mediese-Navorsingsraad;  Mike Walters, Direkteur Landbou-Navorsingsraad;  Matthys Michiel, beter bekend as MM Walters die skrywer en digter;  Elizabeth Walters (Kotze), skrywer,  Schalk Willem Walters, Direkteur van onderwys,  Johan Walters, rugbyspeler en vele ander.

Van die Walterse het ook die hoogste prys betaal vir hulle volk en vaderland.  Soos reeds genoem het sterf Johan Matthys15 op twee-jarige ouderdom in die Brandfort-konsentrasie kamp. Verskeie Walterse het hulle dapperheid bewys op die oorlogsfront in die Tweede Wreldoorlog.  Danil de Waal Walters, seun van Danil Walters sterf in Portugal en word begrawe in die Loriga begraafplaas in Portugal saam met vyf ander van sy bemanningslede nadat hulle vliegtuig in Portugal neergestort het.  Dirk Johannes Frederik Walters van die 6de Berede Regiment, seun van Booije Gerrit Walters, word begrawe in die Ladysmith begraafplaas naby Durban.  Pieter Johannes, Seun van Stephanus Sebastiaan, sterf op die front in Libi: hy is begrawe in die Knightsbridge War Memorial naby Tobruk.  Kolonel Stephanus Sebastiaan van Noodhulp naby Vredenburg, kapelaan in die Suid-Afrikaanse weermag, sterf na die bom aanval in Pretoria in 1982.

Die Walters-stamname Samuel, Nicolaas en Stephanus bly voorbestaan tot in die 11de generasie met variasies in die tweede naam soos byvoorbeeld Samuel Antonie, Samuel Hendrik en Nicolaas Johannes.  Verskeie nuwe bekende Walters name word bygevoeg vanaf moederlike oorsprong.  Matthys Michiel(se) kom vroeg voor in beide Nicolaas en Stephanus se stamlyne en is afkomstig van die Basson- familie en die Clements-stamnaam.  Schalk Willem kom van die van der Merwe- stamnaam en Coenraad Hendrik van die familie Feijt (Feyt).  Die stammoeder se naam Maria kom in verskeie variante voor terwyl die mees algemene vrouenaam in die vroe Walters-geskiedenis Catharina Wilhelmina was.

 

Samevatting

Hierdie navorsing word opgedra aan die meer as duisend vroue wat hierdie van laat voortleef het.  Sommige van hulle was so jonk as dertien jaar en het tot 20 kinders voortgebring.  Sonder hulle swaarkry kon die familie en sy Christelike waardestelsel nie voortbestaan. Om af te sluit haal ek graag aan uit Matthys Michiel (MM) Walters se gedig uit Die Swartland is my Tuisland en hoop dit sal die Walters-nageslag inspirasie gee om voort te bou op die drome wat Samuel, ons Stamvader gehad het vir sy nuwe tuiste, die Kaap, die Swartland en eendag n nuwe nasie in Suider Afrika.
 

Die Swartland is n ou land,
ou land soos die Kaap
van die eerste dag afloopplek
vir die groot troppe vetstertskaap.

Oop en stil was die nuwe wreld
lank voor plaas en ploeg en saai,
net die suidewind het soos nou saans
koud oor die renosterbos gewaai.

Wilde hawer het teen die heuwels
golwend in die son geblink,
geil belofte wat die veeboer dieper
in di mooi land in sou wink.

Maar Tafelberg was nooit baie ver nie:
vaste vertroosting by die see,
berg van oorsprong en terugkeer
wat blougrys nog versekering gee.