Die 9 Walters-Stamouers

 

 
     
 

Die eerste vyf Walters-generasies word getoon in die onderstaande diagram.  Soos duidelik gesien kan word in die diagram, bestaan die Walters-familie uit die twee hoofvertakkings:  Nicolaas (ab2 * 1714) en Stephanus Sebastiaan (ab3 * 1716).  Dit merkwaardig dat in beide gevalle, daar vir twee generasies (c en d) slegs een seun is wat die Walters-naam voortplant.  In die vyfde generasie (e) vorm drie van die Nicolaas-tak  se agterkleinseuns en 6 van Stephanus-tak se agterkleinseuns die fondament van die Afrikaanse Walters-diaspora in Suid-Afrika.  Hierdie nege Walters-stamvaders, meestal gebore vroeg in die 19de eeu, vorm ‘n eenvoudige basis vir die opspoor van voorgeslagte en identifiseer fokus areas vir verdere navorsing. Die stamvader van die bekendste en grootste Afrikaner- familie, Van der Merwe,  se seun, Schalk Willemzoon trou met  Anna Prevost en het tien seuns gehad wat op hulle beurt weer negentig seuns voortgebring het.  Saam met die dogters het hulle ‘n verstommende 135 kleinkinders voortgebring.  Samuel Walters se twee seuns het daarenteen slegs 16 kleinkinders voortgebring waarvan slegs twee seuns die naam voortplant.  Dit verklaar dus die relatiewe klein Walters familie  wat waarskynlik huidig minder as 2000 is.  Twee van die nege seuns van die 5de generasie is verantwoordelik vir 51 % van die Walters nageslag,  naamlik Samuel Hendrik (23%), Nicolaas se agterkleinseun, en Matthys Michielse (28%), Stephanus se agterkleinseun.  Nicolaas se nageslag vorm  ongeveer 38%, en Stephanus se nageslag, 62% van stamvader Samuel se direkte (Walters) nageslag.